Verkoopsagent - Noordelike Streek

Full Time 3 weeks ago Mpumalanga, South Africa

Employment Information

VAKANTE POS: Verkoopsagent – Noordelike Streek

BEDRYFSMAATSKAPPY: Tongaat Hulett Beperk t/a Voermol Voere

AFDELING: Verkope en Bemarking

RAPPORTEER AAN: Verkoopsbestuurder - Noordstreek

SLUITINGSDATUM: 31 Julie 2026

 

KONTEKS

Tongaat Hulett Beperk het ‘n trotse 132 jaar lange geskiedenis en ‘n sterk sosio-ekonomiese nalatenskap in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika asook in Afrika, suid van die Sahara. Tongaat Hulett Beperk, wat handel dryf as Voermol Voere, stel produsente in staat om hul herkouervee strategies te bestuur en te voer, ten einde die produksie en wins van hul ondernemings te verbeter. Die maatskappy het ‘n reeks vooraanstaande melasse-gebaseerde produkte vir herkouers, by wyse van wetenskaplike navorsing, ontwikkel.

 

DOEL VAN POS

Verkoopsagent

Noordelike Streek

Middelburg, Witbank, Belfast, Nelspruit, Lydenburg, Groblersdal

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die verkoop van ‘n wye reeks Voermol-produkte, asook tegniese ondersteuning aan produsente, koöperasies en landboumaatskappye in die bogenoemde gebiede.

 

KWALIFIKASIES EN ONDERVINDING

‘n Landbou Diploma of graad met ten minste drie jaar verkoopsondervinding in die landboumark.

Wakanda Jobs - Find All Jobs

New Things Will Always
Update Regularly

Wakanda Jobs - Find All Jobs
Your experience on this site will be improved by allowing cookies Cookie Policy